Roesskaja Prawda

Die eerste bladsy van die oudste eksemplaar van die Roesskaja Prawda (uitgebreide weergawe)[1] van 1282.

Roesskaja Prawda ("Die Reg van die Roes";[2][3] Ou Kerkslawies: Правда роусьскаꙗ, Prawda roesskaja; Russies: Русская Правда; Oekraïens: Руська Правда) was die regskode van Kiëf-Roes en die daaropvolgende prinsdomme in die streek. Dit is aan die begin van die 12de eeu geskryf en daarna deur die eeue bygewerk. Die basis daarvan was die regskode van Jaroslaf die Wyse, wat aan die begin van die 11de eeu geskryf is. Dit was ’n hoofbron van die ou Russiese wette.[4][5]

Ondanks die groot invloed van die Bisantynse Ryk se wetgewing op die wêreld van dié tyd en die groot kulturele bande tussen dié ryk en Kiëf-Roes, toon die Roesskaja Prawda geen ooreenkoms met die wette van Bisantium nie. Die gebrek aan lyf- en die doodstraf weerspieël eerder die Skandinawiese denkwyse.[6][7]

  1. Pravda Russkaya / red. Boris Grekov. – Moskou; Leningrad: Nauka. - Vol. 3: Facsimile of the texts. - 1963.
  2. "Yaroslav I". The New Encyclopædia Britannica. Vol. 12 (15th uitg.). 2003. p. 823. ISBN 9780852299616. {{cite book}}: Onbekende parameter |chapterurl= geïgnoreer (hulp)
  3. Yaroslav Padokh (1993). "Ruskaia Pravda". Encyclopedia of Ukraine (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2019. Besoek op 5 Maart 2016.
  4. Yushkov, Serafim. Course of the History of State and Law of the USSR. - Moscow: Yurizdat (Juridical Publisher), 1949. - Vol. 1: Social and Political System and Law of Kievan State. - 542 p.
  5. Zimin, Aleksandr. Pravda Russkaya. - Moskou: Drevlekhranilische ("Archive"), 1999. – 421 p.
  6. W.E.D. Allen. The Ukraine: A History. p. 16.
  7. Ekaterina Brancato. Markets versus Hierarchies: A Political Economy of Russia from the 10th Century to 2008. p. 66.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search